Testimonials
Graag wil ek weereens dankie sê vir n puik produk (Dress Me Please poppe)....ek het so 4 jaar terug vir my kleindogter gekoop... sy en haar boetie wat n bulletjie is het al ure se pret met die kreatiewe skeppings wat hulle ontwerp deur gebring. Daarom het ek my nou weer na die poppies gewend vir die jonger kleinkinders...hulle is 6 en 4 jaar oud en boetie wat n rowwe mannetjie is, is net so kreatief soos sussie. Hulle gaan nou die langpad vat van Noordwes... Kaap toe en dit is n ideale manier om hul sonder selfone besig te hou. Ek is mal oor julle opvoedkundige materiaal en sal dit regtig aanbeveel.
Hester Horn
Bethlehem, Oos Vrystaat
Ons is 'n Arbeidsterapie groepspraktyk in Bloemfontein wat graag by Love to Create verpakte sandart pakette aankoop. Ons gebruik die pakket as deel van 'n kreatiewe pakkie vir nuwe pasiënte om hul juis op hul gemak te plaas in die nuwe omgewing.
Diane & haar span doen regtig moeite om so gou as moontlik elke bestelling te lewer. Ons pasiënte se ouderdomme wissel van 12jr tot 90jr & daars vir elke een iets om te doen wat hul geniet.
Ek sal met die grootste vrymoedigheid Love to create aanbeveel.
Eloise de Villiers
Arbeidsterapeut
Good day to the Love to Create team. First of all thank you for coming up with such a concept, I learnt about SandArt while I was at Sunnyside a Wellness Center in Gqeberha.
One of the things we are always taught is mindfulness and how to be present in the moment. I knew I loved playing around with color but I didn't know I could incorporate that with my love for reading.
That is when I decided to become a reseller, it gives me a chance to do a therapist activity daily just to keep me grounded but also with me being unemployed it has help me afford to buy my medication. It is not only an activity that can be enjoyed by kids but by adults too because sometimes we all need a little reminder of the inner child. So thank you to the team for creating such a wonderful tool, I hope we can continue with business smoothly and actually see Love to Create to the Universe
Nolwazi Mdutyana
Gqeberha
@Love to Create Studio is al vir baie jare ons verskaffers van Sandart en ek kan net sê dat Diane en haar span altyd uit hul pad gaan om n bestelling aan te pas of te verander soos ons behoeftes verander. Ons bestellings is altyd korrek en betyds. Diane het rerig n oop kommunikasie aanslag en mens word altyd op hoogte gehou van alles wat aangaan. Dankie vir puik diens!
Annè - Elsabé Meyer
Arbeidsterapeute Bfn
Die produk (Dress Me Please pop) bied ure se plesier aan kinders, hulle eksperimenteer met die verskillende kleure lappies wat die poppies kan aantrek asook al die bykomstighede soos hare en skoene.
Hulle is opgewonde om hulle skeppings te deel. Dit is regtig 'n spesiale geskenk vir dogtertjies. Dit bring hulle kreatiewe kant na vore.
Petro
Kuilsrivier, Wes-Kaap
Thank you Love To Create. We love them so much. Great quality and they look amazing
Wilmarie Wepener
Alexandria Eastern Cape