fbpx

@love2create

DiscoverGrowthPossibilities

@ Love to Create Kids Kleuterskool -‘n Leefstylsentrum vir Kleuters, ‘n nuwe benadering en ‘n nuwe visie!!

Waar U kleuter SPEEL, LEER & ONTDEK met vreugde & pret!

“Die eerste 1000 dae van ‘n kind se lewe vorm die fondament vir die toekoms”

***_____________________***

Ons kleuterskool bestaan sedert 2007, eers genoemd Babbel & Krabbel Speelskool en later @ Love to Create Kids Kleuterskool vanaf September 2018.

Ons is ‘n…

  • Christelik-gefundeerde
  • Afrikaans & Engels Medium
  • Privaat tuis-kleuterskool

wat streef om vertroue en ‘n atmosfeer van SPEEL, ONTDEK & LEER te week sodat ouers en kleuters, gelukkig en geborge sal voel.

VISIE

Om ‘n kleuterskool van uitnemendheid te skep vir ontwikkeling, groei en onderrig binne ‘n waardesisteem vir elke kind, ouer en personeel asook die algehele gemeenskap.

MISSIE

Om te fokus op die holistiese ontwikkeling van ‘n kleuter om skoolgereedheid te verseker. Ons doen dit deur ‘n stabiele, veilige en liefdevolle omgewing te skep waar speel, leer, ontdek & voeding hand aan hand gaan.

Om bewus te wees van elke kind se uniekheid en dit te koester. Erkenning te gee aan elke kind dat hy/sy spesiaal geskep is vir sy/haar doel, wat sal lei tot selfdenkende, kreatiewe en innoverende individue.

Die selfversekerde vooruitdenkers van more!

‘n Belegging vir die toekoms!

Ons maak n verskil waar dit die meeste saak maak.

***————————–***

Meer oor ons…

# Eie selfontwikkelde motoriese-en-dagprogram wat ons visie komplimenteer met ‘n LEER-SPEEL-ERVAAR benadering

# Buitemuurse aktiwiteite wat ons program komplimenteer vir optimale ontwikkeling

# Skoolgelde vertoon goeie waarde

# Geregistreerd

# Inskrywing NET vir 20-22 kleuters per jaar

# Ouderdomme 15mnde tot 5jr, ons neem ook 3-4 babas in per jaar

# Pottytraining

# Gekwalifiseerde personeel met Noodhulp

# Tans ‘n 100% aanvaarding by ons plaaslike pre-primêre skole (Gr R)

# Mediese dekking van tot R100 000 vir kleuters & personeel ingeval van ‘n ongeluk by of buite die skool

# 2 voedsame en gesonde etes per dag

# Leesgereedmakingsprogram gekombineer met nuwe program, belangrik vir luistervaardighede

# Gebruik ChildCloud om inligting, fotos, aktiwiteite, ens op ‘n sekure manier aan ouers deur te gee, ipv sosiale media

# Vakansieprogram in skoolvakansies

# Meer gedetaileerde inligting in aflaaibare dokumente